Wednesday, June 13, 2012

AFDELING C

Afdeling C tipe vrae bepaal hoe goed jy jou kennis oor Wetenskap kan toepas in alledaagse situasies.

Een van die vrae wat jy in hierdie afdeling sal kry is 'n opstel. Maak dan eers seker dat jy verstaan waaroor jy moet skryf. Bestudeer dan die assesseringsrubriek. Die kriteria in die rubriek sê presies vir jou waaroor jy moet skryf, en hoe jy dit moet doen, bv. of jy 'n feit moet noem, skryf of verduidelik.

WENKE BY DIE BEANTWOORDING VAN AFDELING B-TIPE                                     VRAE

  • Lees die instruksies goed deur sodat jy seker is wat van jou verwag word.
  • Kyk hoeveel punte die antwoord tel. Dit sal jou ‘n idee gee van hoeveel feite van jou verwag word.

    2.1     Bestudeer die diagramme oor die bereiding van 
              koolstofdioksied in jou werkboek en beantwoord
              die vrae wat volg.

    2.1.1   Benoem die manier wat by die diagram aan
    die linkerkant gebruik word.                              (1)
    2.1.2   Watter eienskap van koolstofdioksied maak
    die gebruik van hierdie metode moontlik?         (1)
    2.1.3   Hoekom verkies sommige mense die metode
    soos in die diagram op die linkerkant bo die
               metode soos in die diagram op die regterkant? (3)
    2.1.4   Verduidelik kortliks hoe koolstofdioksied berei
               word soos deur die diagram aan die regterkant                                     
              aangedui word.                                                   (5)


2.1     Natrium, ‘n metaal, word in groep 1 op die
           periodieke tabel aangetref. Natrium
          se atoomgetal is 11.

2.1.1   Teken ‘n diagram van ‘n Natrium atoom, en toon
           die korrekte aantal protone en neutrone in die kern,
           en elektrone in die gepaste energievlakke.              (5)
2.1.2   Beantwoord die onderstaande vrae.
           a)       Hoekom sê ons die Natrium atoom is
                      onstabiel?                                                        (3)
          b)       Wat moet gebeur vir die atoom om
                      stabiel te raak?                                                (1)
          c)       Watter tipe ioon vorm die atoom nadat
                     dit stabiel geword het?                                      (1)


2.2     2.2   Beantwoord die vrae oor verbranding.
2.2.1   2.2.1   Wat is die verskil tussen volledige en onvolledige
            verbranding?                                                                       (2)
2.2.2   Watter produkte vorm tydens onvolledige
 verbranding?                                                                       (2)
2.2.3    Watter een van die twee produkte by 2.3.2
  genoem is ‘n toksiese gas?                                                (1)
2.2.4    Watter uitwerking het dit op mense?                                   (2)

2.3     Bestudeer die diagram van ‘n mikroskoop en
beantwoord die vrae wat daarop volg en gee die
naam van die deel wat:
2.3.1  gebruik word om die mikroskoopskyfie vas te hou
sodat dit nie rondskuif nie.                                          (1)
2.3.2   wat gebruik word om die mikroskoop mee vas te
 hou of te dra.                                                              (1)
2.3.3   lig laat skyn deur die mikroskoopskyfie.                      (1)
<><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><> <><>

2.4     Melissa  en haar klasmaats is in ‘n laboratorium besig
          om ‘n chemiese stof in glasbekers met bunsenbranders
          te verhit. 









2.4.1   

Noem drie veiligheidsmaatreëls wat hulle moet  
nakom terwyl hulle met daardie apparaat in die
laboratorium werk.                                                     (3)











2.4.2

Hoekom is dit so belangrik om veiligheids-
maatreëls in ‘n laboratorium na te kom?                    (3)


   













2.5     Beskou die formule H2SO4









2.5.1

Wat is die naam van die verbinding?                          (1) 



2.5.2

Noem die verskillende elemente in die verbinding  
in die volgorde waarin dit in die formule voorkom.      (3)





2.5.3

Hoeveel molekules stel die formule voor?                   (1)



2.5.4

Bereken die aantal atome wat die formule voorstel.    (1)



2.5.5

In watter verhouding kom die elemente in die  
verbinding voor?                                                           (3)







2.6     Beantwoord die onderstaande vrae oor chemiese reaksies.









2.6.1

Watter produkte word gevorm tydens volledige
verbranding?                                                                  (2)


2.6.2

Verduidelik waarom die reaksie tussen swawel en
suurstof as ‘n eksotermiese reaksie beskou word.        (3)




2.6.3

Die versameling van koolstofdioksied deur die afwaartse verplasing van water het beide voordele en nadele. Verduidelik hierdie stelling.                                             (5)






2.6.4

Watter algemene produkte vorm wanneer ‘n suur en ‘n metaalhidroksied met mekaar reageer?                          (2)







2.7   Bestudeer die onderstaande formule en beantwoord die
        vrae wat daarop volg.
                                                            (NH)CO
2.1     Wat stel die formule voor?                                                         (2)
2.2     Watter deel van die molekule is die ammoniumgedeelte?         (1)
2.3     Watter deel van die molekule is die karbonaatgedeelte?           (1)
2.4     Verduidelik waarom die NH in die formule in hakies geskryf is. (2)
2.5     Uit hoeveel atome bestaan die molekule?                                  (1)
                                                                                                                                  



Tuesday, June 12, 2012

Nog Afdeling A tipe vrae

Dié gedeelte wat volg is ook 'n Afdeling A tipe vraag.

Onthou asb. om instruksies op 'n vraestel te lees sodat jy seker kan wees wat van jou verwag word.

Ek hoop julle leer leka!
Luvies

 
            Kies ‘n item/woorde uit Kolom B om by die beskrywing in Kolom A te pas. Skryf
            slegs die letter (uit Kolom B) langs die betrokke nommer neem.

KOLOM A
KOLOM B
2.1     Dit kom in die energievlakke  
          van ‘n atoom voor.
2.2     ‘n Verbinding
2.3     ‘n Verkorte manier om ‘n verbinding
           of element te beskryf.
2.4   ‘n Diatomiese molekule.
2.5    ‘n Toets vir suurstof.  
2.6     chemiese formule
2.7     bunsenbrander
2.8     
2.9     vaste stof
2.10   koolstofdioksied
2.11   HSO
2.12   koolstofmonoksied
2.13   vaste stof
2.14   NaHCO3
2.15   Reagense
2.16   elektrone
2.17   O2
  

A   gloeiende houtsplinter
B  CO
C   O
D   chemiese formule
E   SI eenheid vir temperatuur
F   produk van onvolledige
     verbranding
G   laat helder kalkwater
      melkerig word
H  swawelsuur
I   partikels van dié stof is baie
    na aan mekaar
J   verkorte manier om ‘n
     verbinding of element te
     skryf
K   om stowwe te verhit
L   Items aan linkerkant van ‘n
     vergelyking
M   beweeg om die kern van ‘n  
      atoom
N   natriumwaterstofkarbonaat
O   diatomiese molekuul

Thursday, June 7, 2012

Die volgende is vrae wat kom uit ou vraestelle. Dit handel oor die werk wat ons die laaste 6 maande behandel het. Jy kan dit gebruik om jou voor te berei vir die eksamen. Dit gee jou 'n idee van verskillende maniere hoe vrae gestel kan word.

Jy sal die antwoorde in jou notas vind indien jy dalk nie van die antwoorde ken nie. Moenie net sommer aanvaar dat jy nie die antwoorde ken nie. Gaan soek dan vir die korrekte antwoorde,dit is deel van die leerproses.

Ek gaan eers begin met Afdeling A tipe vrae.

1.  Verskeie moontlikhede word as antwoorde vir die vrae voorgestel.
     Skryf slegs die  letter (A-D) van die korrekte antwoord langs die betrokke
     vraagnommer neer.

1.1   Elemente bestaan slegs uit een soort  .....
    
A  molekules          B  atome          C  formules          D  verbindings

1.2   Watter deel van die atoom dra die meeste by tot sy gewig?

A  Die neutrone en die protone.
B  Die neutrone en die elektrone.
C  Die elektrone en die protone.
D  Die protone en die elektrone.

1.3   Watter een van die onderstaande is nie 'n element nie?

A  Alluminium          B  Jodium          C  Chloor          D  waterstofchloried

1.4  C is die simbool vir die element .....

A  Kalium          B  Kalsium          C  Koper          D  Koolstof

1.5  Watter een van die onderstaande formules is dié van 'n oksiede?

A  NaNO3          B  CaS          C  MgO          D  MgSO4

 1.6  Die simbool vir die element kalsium is .....

A  Cl          B  Ca          C  C          D  Cu

1.7  Uit hoeveel atome bestaan twee watermolekule (2H2O)?

A  3          B  5          C  4          D  6

1.8  Watter een van die vergelykings is gebalanseerd?

A  H2  +  OH2O                    B  2H2  +  O2H2O
C  2H2  +  O2  →  H2O             D  2H2 +  2O2  →  4H2O

1.9  'n Atoom is .....

A  die kleinste bousteen van materie.
B  'n kombinasie van twee of meer elemente.
C  'n stof wat uit verskillende elemente bestaan.
D  'n verkorte manier om 'n verbindingof element te beskryf.

1.10  As 'n chemiese formule eindig met SO4, is dit die formule van .....

A  karbonaat          B  sulfaat          C  sulfied          D  nitraat

1.11  Watter van die onderstaande is nie 'n gebruik van waterstof nie?

A  Dit word gebruik vir die bereiding van soutsuur en ammoniak.
B  Dit help mense met asemhalingsprobleme om asem te haal.
C  Dit word gebruik om "vloeibare" olies te verhard in die maak van margerien.

1.12  Watter apparaat word gebruik om voorwerpe of organismes wat nie met die
         blote oog gesien kan word nie te bestudeer?

A  handlens          B  Mikroskoop          C  Teleskoop  D  Vergrootglas

1.13  Indien ‘n chemiese stof toksies is beteken dit dat die stof  ...

A  vretend is.          B  vlambaar is.          C  verbranding onderhou.          D  giftig is.

1.14  Die veranderlikes in ‘n ondersoek is  ...

A  al die faktore wat die ondersoek kan beïnvloed.
B  al die lesings wat tydens die ondersoek geneem word.
C  al die apparaat wat tydens die ondersoek gebruik word.
D  die resultaat aan die einde van die ondersoek.

1.15  Watter feit i.v.m. elemente is nie waar nie? Elemente is   ..........



A  die eenvoudigste stowwe omdat hulle net een soort atoom bevat.
is onsuiwer stowwe.
word in twee groepe verdeel, nl. metale en nie-metale.
word op die periodieke tabel gerangskik volgens die hoeveelheid protone wat in die  
     kern van die atome voorkom.

1.16  Watter een van die volgende is nie ‘n formule nie?

A        NH3          B  CO          C  H2O          D  Cl


1.17  Suurreën is hoofsaaklik te wyte aan  ...  in die atmosfeer.


A  koolstofdioksied          B  ammoniak          C  swaweldioksied          D  waterdamp

1.18  As ‘n suur met ‘n metaal reageer, is een van die produkte  .....
A   ‘n sout          B  suurstof          C  koolstofdioksied          D  water

1.19  Voltooi die chemiese vergelyking vir die bereiding van koolstofdioksied                       
         CaCO3 + 2HCl à .......    

A  CaCl2 + H2O + CO2
B  CaCl2 + H2O + CO3   
C  2CaCl + H2O + CO2  
CaCl2 + 2HO + CO2  

1.20  Diatomiese molekules is molekules wat ...

A  uit twee atome bestaan.
B  uit twee atome van dieselfde soort bestaan
C  uit een soort atoom bestaan.
D  uit twee verskillende atome bestaan

Ek vervolg more met nog Afdeling A tipe vrae.

Sterkte met die voorbereiding vir die NW.